Jeremia 31:10-15 Bybel vir Almal (ABA)

10. Volke, julle moet hoor wat die Here sê,julle moet dit vertel in die lande ver langs die see,julle moet sê:“Hy wat die Israeliete gejaag hetna al die kante toe,Hy sal hulle bymekaarmaaken Hy sal hulle oppas soos ’n herderdie skape oppas wat aan hom behoort,

11. want die Here het die nageslag van Jakob losgekoopen Hy het hulle vrygemaakvan iemand wat sterker was as hulle.

12. Die Israeliete sal kom en singop die hoë Sionsberg.Hulle sal bly wees oor die goeie dingewat die Here gee,oor die koring en die wyn en die olyf-olie,en oor die lammers en die kalwers.Hulle sal self wees soos tuinemet baie water,hulle sal nie meer dors word nie.

13. Dan sal die jong vroue weerbly wees en dans,en die jongmans en die ou manssal saam met hulle dans.Ek sal hulle rou verander, en hulle sal vrolik wees,Ek sal hulle lewe verander,hulle was hartseer,maar Ek sal hulle bly maak.

14. Ek sal die priesters wat nou honger is,lekker laat eet.Ek sal my volk genoeg laat eetvan die goeie dinge wat Ek sal gee.”Dit het die Here gesê.

15. Die Here sê:“Die mense hoor iets in die stad Rama,hulle hoor dat iemand kla en baie hartseer huil.Dit is Ragel wat huil oor haar kinders,sy wil nie hê die mense moet haar troos nie,sy huil oor haar kinders, want hulle is weg.”

Jeremia 31