31. Ons het vir hom gesê ons is eerlike mense, ons is nie spioene nie.
32. Ons het vir hom gesê ons was twaalf broers, ons was almal seuns van dieselfde pa, een broer is dood en die jongste broer is by Pa in Kanaän.
33. Die hoof van die land het toe vir ons gesê: ‘Ek sal uitvind of julle eerlike mense is. Julle moet een van julle broers by my laat bly. Neem dan kos vir julle honger mense by die huis en gaan terug.
34. Maar julle moet julle jongste broer na my toe bring sodat ek kan weet julle is nie spioene nie, julle is eerlike mense. Dan sal ek julle broer teruggee, en dan mag julle oral in die land rondgaan.’ ”
35. Jakob se seuns het hulle sakke leeggemaak, en elkeen kry toe sy beursie en sy geld in sy sak. Toe hulle dit sien, het hulle en hulle pa baie bang geword.