Genesis 36:10-23 Bybel vir Almal (ABA)

10. Die name van Esau se seuns was Elifas, Ada se seun, en Reüel, Basemat se seun.

11. Elifas se seuns was Teman, Omar, Sefo, Gatam en Kenas.

12. Timna was Elifas se byvrou, en sy het ’n seun gekry vir Elifas, die seun se naam was Amalek. Dit was die nageslag van Esau se vrou Ada.

13. Reüel se seuns was Nagat, Serag, Samma en Missa. Hulle was die nageslag van Esau se vrou Basemat.

14. Esau se ander vrou was Oholibama. Sy was die dogter van Ada en die kleindogter van Sibon. Sy het ook seuns vir Esau gekry. Hulle name was Jeüs, Jalam en Korag.

15. Hier is die name van die leiers van Esau se nageslag: Elifas was Esau se oudste seun. Die leiers van sy nageslag was Teman, Omar, Sefo, Kenas,

16. Korag, Gatam en Amalek. Hulle was leiers in Edom, en hulle was die nageslag van Elifas en Ada.

17. Die leiers van die nageslag van Reüel, Esau se ander seun, was Nagat, Serag, Samma en Missa. Hulle was ook almal leiers van hulle families in Edom. Hulle was die nageslag van Esau en sy vrou Basemat.

18. Die leiers van die nageslag van Esau se vrou Oholibama was Jeüs, Jalam en Korag. Hulle was ook almal leiers van hulle families en hulle was die nageslag van Esau en sy vrou Oholibama, die dogter van Ana.

19. Dit is die name van die nageslag van Esau, en die leiers van die families van Edom.

20. Hier is die nageslag van Seïr, die Goriet wat in Edom gewoon het: Lotan, Sobal, Sibon, Ana,

21. Dison, Eser en Disan. Hulle was die leiers van die Goritiese families en van die nageslag van Seïr in Edom.

22. Lotan se seuns was Gori en Hemam, en Lotan se suster was Timna.

23. Sobal se seuns was Alwan, Managat, Ebal, Sefi en Onam.

Genesis 36