5. Lot, wat saam met Abram getrek het, het ook skape en bokke, beeste en tente gehad.
6. Daar was nie genoeg grond vir Abram en Lot saam nie. Hulle kon nie bymekaar woon nie, want hulle het te veel diere en ander goed gehad.
7. Abram en Lot se skaapwagters het met mekaar gestry en rusie gemaak. In daardie tyd het die Kanaäniete en Feresiete ook in die land gewoon.
8. Abram sê toe vir Lot: “Ek en jy moenie met mekaar stry en rusie maak nie, en ook nie my skaapwagters met joune nie, want ons is familie.
9. Die hele land lê oop voor jou. Ons moet weggaan van mekaar. As jy links gaan, dan sal ek regs gaan, of as jy regs gaan, dan sal ek links gaan.”
10. Lot het rondgekyk en gesien daar is baie water by die stad Soar in die suide van die Jordaan-vallei. Dit het gelyk soos ’n tuin van die Here, en soos in Egipte. Dit was voordat die Here vir Sodom en Gomorra verwoes het.
11. Lot het toe die Jordaan-vallei vir homself gekies en hy het oos getrek. So het Lot weggegaan van Abram.