Esegiël 41:6-15 Bybel vir Almal (ABA)

6. Die gebou het drie verdiepings gehad, en daar was 30 kamers in elke verdieping. Die mure van hierdie gebou was vas teen die mure van die tempel maar hierdie mure was nie dieselfde as die tempel se mure nie. Die mure van die gebou was dik by die onderste verdieping en dit was dunner by die tweede verdieping en dit was nog dunner by die derde verdieping.

7. Hierdie muur het drie mure van die tempel tot bo toegemaak. Die kamers op die tweede verdieping was breër as die kamers op die eerste verdieping, en die kamers op die derde verdieping was breër as die kamers op die tweede verdieping. Daar was ’n trap, en ’n mens kon teen die trap opgaan van die onderste verdieping deur die middelste verdieping tot by die boonste verdieping.

8. Ek het gesien die tempel is hoër as die ander gebou. Die fondamente van die gebou teen die mure van die tempel was een meetriet hoog, dit is ses el in die koningsmaat.

9. Die buitenste muur van die gebou teen die mure van die tempel was 5 el dik. Daar was ’n oop plek tussen die gebou wat teen die tempelmuur was

10. en die kamers op die oop stuk grond. Die oop plek was 20 el breed en dit was langs al die kante van die tempel.

11. ’n Mens kon van die oop plek ingaan in die gebou wat teen die tempelmure was. ’n Mens kon ingaan by die noordekant of by die suidekant. Die muur van die oop plek was oral 5 el breed.

12. Daar was ook ’n gebou op die westekant van die oop plek. Die gebou was 70 el breed, en die muur van die gebou was oral 5 el dik. Die gebou was 90 el lank.

13. Die man het toe die tempel gemeet. Dit was 100 el lank, en die oop plek saam met die gebou en sy mure was ook 100 el lank.

14. Die oop plek oos van die tempel was 100 el breed.

15. Die man het gemeet hoe breed die gebou is langs die oop plek agter die tempel. Hy het dit gemeet saam met die gange langs die twee kante van die gebou, dit was 100 el.Die voorste en die agterste kamers van die tempel was toe met planke, en ook die voorportale waardeur ’n mens na die oop stukke grond kon gaan,

Esegiël 41