Esegiël 41:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die man het my toe in die voorste kamer van die tempel gebring. Hy het die mure by die twee kante van die deur gemeet. Elke muur was ses el dik.

2. Die deur was tien el breed, en elke muur langs die twee kante van die deur was vyf el breed. Die man het die voorste kamer gemeet. Dit was 40 el lank en 20 el breed.

3. Toe gaan die man na die agterste kamer en hy meet die mure langs die twee kante van die deur. Die mure was twee el dik. Die deur was ses el breed, en elke muur langs die twee kante van die deur was sewe el lank.

4. Die man het gemeet hoe lank die kamer is. Dit was twintig el lank. Die kamer was twintig el breed, dieselfde soos die voorste kamer. Die man het vir my gesê: “Hierdie is die hoog-gewyde kamer.”

5. Toe het hy die muur van die tempel gemeet. Dit was ses el dik. Die gebou teen die buitemure van die tempel was vier el breed.

Esegiël 41