7. daarom sal Ek vreemde mense bring om jou aan te val. Hulle is wrede mense en hulle sal jou met hulle swaarde doodmaak, jy, die mooi en wyse koning. Hulle sal jou lig dof laat word.
8. Hulle sal jou laat afgaan na die doderyk, jy sal in die middel van die see sterf soos iemand in ’n oorlog sterf.
9. Sal jy dan nog sê dat jy ’n god is, daar voor die mense wat jou doodmaak? Sal jy dit sê wanneer hulle met jou doen wat hulle wil? Nee. Jy is ’n mens, jy is nie ’n god nie.
10. Jy sal sterf, en niemand sal jou respekteer nie. Vreemde mense sal jou doodmaak, want Ek het gepraat.”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
11. Ek het gehoor die Here sê vir my:
12. “Mens, jy moet ’n klaaglied begin sing oor die koning van die stad Tirus. Jy moet vir hom sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Jy was op ’n baie mooi seël, jy was vol wysheid en jy was so mooi soos die mooiste mens.
13. Jy was in Eden, die godetuin, en jou klere was van al die kosbare edelstene: karneool, topaas, jaspis, chrisoliet, oniks, opaal, saffier, turkoois en smarag. Ek het jou tamboeryne van goud gemaak en Ek het jou uit goud gesny. Dit is hoe Ek jou gemaak het.
14. Jy het gelyk soos ’n gerub, jou vlerke was oop en jy moes die tuin beskerm. Ek het jou op die heilige godeberg gesit. Jy het daar tussen die blink edelstene geloop.
15. Jy het heeltemal reg gelewe vandat Ek jou gemaak het. Maar toe het jy begin om verkeerd te doen.