Esegiël 25:8-12 Bybel vir Almal (ABA)

8. Die Here, Hy wat Here is, sê: “Die mense van Moab en Seïr het gesê die volk Juda is dieselfde soos al die ander volke.

9. Daarom sal Ek die grens van die land Moab oopmaak sodat die vyande kan inkom in die land, Ek sal die stede op die grens vir hulle oopmaak, die pragtige land rondom die stede Bet-Jesimot, Baäl-Meon en Kirjatajim.

10. Ek sal die lande van die Moabiete en die Ammoniete vir die Oosmense gee, dit sal aan hulle behoort. Niemand van die ander volke sal nog aan die Ammoniete dink nie.

11. Ek sal die Moabiete straf, en hulle sal weet dat Ek die Here is.”

12. Die Here, Hy wat Here is, sê: “Die Edomiete het baie slegte dinge gedoen aan die volk Juda. Die Edomiete is skuldig, hulle het slegte dinge gedoen aan die mense van Juda.

Esegiël 25