Esegiël 12:1-17 Bybel vir Almal (ABA)

1. Ek het gehoor die Here sê vir my:

2. “Mens, jy woon tussen ’n opstandige volk. Hulle het oë om te sien, maar hulle sien nie. Hulle het ore om te hoor, maar hulle hoor nie. Hoekom? Omdat hulle ’n opstandige volk is.

3. En jy, mens, jy moet al die goed gereedmaak wat jy sal wil saamneem wanneer jy in ’n ander land moet gaan woon, en jy moet vandag weggaan van jou huis na ’n ander plek. Almal moet dit kan sien. Miskien sal hulle self sien dat hulle ’n opstandige volk is.

4. Hulle moet in die dag sien dat jy die goed uitbring. En jy, jy moet in die aand uitgaan. Hulle moet sien dat jy uitgaan.

5. Hulle moet sien dat jy ’n gat in die stad se muur breek en dat jy deur die gat gaan.

6. Hulle moet sien dat jy die goed op jou skouer sit en dat jy weggaan in die donker. Jy moet jou gesig toemaak en jy moenie na die land kyk nie. Ek gebruik jou om ’n teken te wees vir die volk Israel.”

7. Ek het toe gedoen wat die Here vir my gesê het. Ek het in die dag die goed uitgebring wat ek sal wil saamneem wanneer ek in ’n ander land moet gaan woon en ek het in die aand ’n gat in die muur gebreek met my hande. Ek het in die donker uitgegaan. Hulle het gesien ek dra die goed op my skouer.

8. Die volgende oggend het ek gehoor die Here sê vir my:

9. “Mens, die opstandige volk, die volk Israel, het vir jou gevra wat jy doen.

10. Jy moet vir hulle sê dat Ek, die Here wat Here is, sê: Ek praat nou oor die koning in Jerusalem en oor die hele volk Israel wat in die stad is.

11. Jy moet sê dat jy vir hulle ’n teken is. Die vyande sal dieselfde met hulle doen wat jy gedoen het. Hulle sal gevangenes word en hulle sal in ’n ander land moet gaan woon.

12. Die koning wat tussen hulle is, sal sy goed in die donker op sy skouers sit en weggaan. Hy sal ’n gat deur die muur breek om uit te gaan en hy sal sy gesig toemaak sodat hy nie na die land kan kyk nie.

13. Ek sal my vangnet oor hom gooi en Ek sal hom vang. Ek sal hom na Babel bring, na Galdeër-land. Hy sal daardie land nie sien nie, maar hy sal daar sterf.

14. En ek sal almal wat by die koning is en wat hom help, na al die kante toe jaag, en ook al sy soldate. Ek sal hulle self jaag met my swaard.

15. Hulle sal weet dat Ek die Here is wanneer Ek hulle na al die kante toe jaag tussen die volke in, wanneer Ek hulle oral in ander lande laat woon.

16. Ek sal ’n paar van hulle nie laat sterf in die oorlog of van honger of pes nie, sodat hulle vir die volke waar hulle kom, kan vertel van alles wat hulle gedoen het wat Ek haat. Hulle sal weet dat Ek die Here is.”

17. Ek het gehoor die Here sê vir my:

Esegiël 12