Eksodus 36:1-8 Bybel vir Almal (ABA)

1. Moses het ook gesê: “Die Here het vir Besaleël en Oholiab en al die ander ambagsmanne wysheid en verstand gegee sodat hulle al die werk by die tempel kan doen. Hulle moet dit doen soos die Here gesê het.”

2. Moses het vir Besaleël en Oholiab geroep, en ook al die ander ambagsmanne vir wie die Here vaardig gemaak het, elkeen wat wou help om te werk. Moses het hulle geroep om nader te kom om die werk te kom doen.

3. Moses het vir hulle al die presente gegee wat die Israeliete gebring het vir die werk by die tempel. Die Israeliete het elke oggend nog presente na Moses toe gebring.

4. Die ambagsmanne wat die werk by die tempel gedoen het, het almal gekom, elkeen het gekom van die plek waar hy gewerk het.

5. Hulle het vir Moses gesê: “Die mense bring meer as wat nodig is vir die werk wat die Here gesê het ons moet doen.”

6. Moses het gesê hulle moet vir almal in die kamp sê niemand moet nog presente vir die tempel gee nie. Die mense het toe nie weer presente gebring nie.

7. Die presente wat hulle klaar gebring het, was genoeg vir al die werk, en daar het ook nog oorgebly.

8. Al die goeie ambagsmanne het die tempel-tent begin maak. Hulle het tien stukke materiaal geneem. Dit was goeie linne-materiaal en blou, pers en rooi wol-materiaal. Hulle het gerubs op die materiaal geborduur.

23-26. Hulle het 20 rame vir die suidekant en 20 vir die noordekant van die tempel-tent gemaak. Hulle het ook 40 silwer voetstukke gemaak vir elke kant. Hulle het die voetstukke onder die rame gesit, twee voetstukke onder elke raam waar die twee houtpenne is.

31-32. Hulle het dwarspale gemaak van doringhout, vyf dwarspale vir die rame aan elke kant van die tempel-tent en ook vyf dwarspale vir die rame aan die agterkant van die tempel-tent, die westekant.

Eksodus 36