Eksodus 32:20-24 Bybel vir Almal (ABA)

20. Moses het die bul-kalf geneem wat die Israeliete gemaak het en hy het dit verbrand. Toe het hy dit fyngemaal soos poeier en hy het dit in die water gegooi. Hy het gesê die Israeliete moet die water drink.

21. Moses het vir Aäron gesê: “Hierdie mense het niks verkeerd aan jou gedoen nie. Hoekom het jy hulle verlei om so ’n groot sonde te doen?”

22. Aäron antwoord toe: “Meneer, moenie kwaad wees vir my nie. Jy weet self hierdie volk wil altyd verkeerde dinge doen.

23. Hulle het vir my gesê: ‘Maak vir ons ’n god wat vir ons kan wys waarnatoe ons moet gaan. Hierdie man Moses het vir ons uit Egipte gebring, maar ons weet nie waar hy nou is nie.’

24. Ek het toe vir hulle gesê almal wat goue ringe het, moet dit afhaal en vir my gee. Ek het die goue ringe in die vuur gegooi en hierdie bul-kalf het daaruit gekom.”

Eksodus 32