Eksodus 26:26-27-31 Bybel vir Almal (ABA)

3. Werk eers vyf stukke materiaal aan mekaar vas, en dan die ander vyf stukke materiaal.

6. Julle moet dan ook 50 goue hakies vaswerk aan elke stuk materiaal sodat die hakies in die lissies kan haak, en sodat die stukke materiaal van die tempel-tent vas aan mekaar kan wees.

7. Julle moet dan ’n seil maak van bokhaar-materiaal, en julle moet hierdie seil bo-oor die tempel-tent sit. Julle moet elf stukke materiaal daarvoor gebruik.

8. Elke stuk materiaal moet 30 el lank en vier el breed wees.

9. Werk eers vyf stukke materiaal aan mekaar vas, en dan die ander ses stukke materiaal. Julle moet die sesde stuk materiaal dubbel vou. Dit moet aan die voorkant van die tent wees.

26-27. Julle moet dwarspale maak van doringhout, vyf dwarspale vir die rame aan drie kante van die tempel-tent, aan die noordekant, die suidekant en die westekant.

28. Die middelste dwarspaal tussen die rame moet lank wees, van een kant tot by die ander kant.

29. Julle moet die rame oortrek met goud. Julle moet vir hulle goue ringe maak en julle moet die dwarspale deur die ringe steek. Julle moet die dwarspale ook oortrek met goud.

30. Julle moet die tempel-tent maak presies soos Ek vir jou op die berg gewys het.

31. “Julle moet vir die tempel-tent ’n gordyn maak van blou, pers en rooi wol-materiaal en van goeie linne-materiaal. Julle moet gerubs daarop borduur.

Eksodus 26