Eksodus 26:1-17 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het vir Moses gesê: “Julle moet ’n tempel-tent maak van tien stukke materiaal. Dit moet goeie linne-materiaal wees, en blou, pers en rooi wol-materiaal. Julle moet gerubs op die materiaal borduur.

2. Elke stuk materiaal moet 28 el lank en vier el breed wees.

3. Werk eers vyf stukke materiaal aan mekaar vas, en dan die ander vyf stukke materiaal.

6. Julle moet dan ook 50 goue hakies vaswerk aan elke stuk materiaal sodat die hakies in die lissies kan haak, en sodat die stukke materiaal van die tempel-tent vas aan mekaar kan wees.

7. Julle moet dan ’n seil maak van bokhaar-materiaal, en julle moet hierdie seil bo-oor die tempel-tent sit. Julle moet elf stukke materiaal daarvoor gebruik.

8. Elke stuk materiaal moet 30 el lank en vier el breed wees.

9. Werk eers vyf stukke materiaal aan mekaar vas, en dan die ander ses stukke materiaal. Julle moet die sesde stuk materiaal dubbel vou. Dit moet aan die voorkant van die tent wees.

10. Julle moet 50 lissies vaswerk aan die kant van elke stuk materiaal.

11. Dan moet julle ook 50 brons hakies vaswerk aan elke stuk materiaal en julle moet die hakies in die lissies sit. As julle dan die tent opslaan, sal die stukke materiaal almal vas aan mekaar wees.

12. Die stuk materiaal wat oorbly, moet oorhang agter die tempel-tent.

13. Aan elke lang kant van die tent sal een el oorhang om dit toe te maak.

14. Julle moet ook ’n seil maak van skaapvelle wat julle rooi gekleur het. Dan moet julle nog ’n seil maak van velle wat julle sag gemaak het, en julle moet dit bo-oor die rooi seil sit.

15. Julle moet rame van doringhout maak om die tempel-tent regop te hou.

16. Elke raam moet tien el lank en een en ’n halwe el breed wees.

17. Elke raam moet twee houtpenne en twee gate hê sodat julle die pale goed aan mekaar kan vassit. So moet julle maak met al die rame van die tempel-tent.

Eksodus 26