7. Ja, U is die Groot God,U trap almal plat wat teenU oorlog wil maak.As U kwaad is,dan brand U hulle wegsoos droë gras.
8. Die asem wat uit u neus kom,is soos ’n sterk wind.Dit het die water gekeer,en die water het hoog gestaansoos ’n muur,die diep waterin die middel van die seehet stil geword.
9. Die vyande het gesê:‘Ons sal die Israeliete volgen jaag en onssal hulle vang.Ons sal hulle goed vaten ons sal dittussen ons verdeel.Ons sal alles kry wat ons wil hê.Ons sal ons swaarde uithaalen ons sal hulle doodmaak.’
10. Maar U het u wind laat waai,en die see het hulletoegemaak.Hulle het soos loodin die diep water gesink.