Deuteronomium 32:7-20 Bybel vir Almal (ABA)

7. Julle moet onthou hoe ditlank gelede was,julle moet dink aan die jarewat lank verby is.Julle moet vir julle ouers vra,sodat hulle vir julle kan vertel,julle moet vir die oumense vra,húlle sal vir julle sê hoe dit was.

8. Toe die Hoogste Godvir die volke hulle landegegee het,toe Hy gesê het dat die menseaan verskillende volkemoet behoort,toe het Hy gesê waar die grensevan die lande moet wees.Hy het gekyk hoeveel Israelietedaar is,en Hy het besluit hoeveel volkedaar moet wees.

9. Maar die Here het sy éie volkgekies, Jakob behoort aan Hom.

10. Die Here het sy volkin die woestyn gekry,in ’n wilde wêreld waar niemandwoon nie.Hy beskerm sy volken Hy sorg vir hulle,Hy pas hulle op soos ’n menssy oog oppas.

11. ’n Arend stoot sy kleintjiesuit die nesen hy vlieg bokant hulle,hy maak sy vlerke oopen vang die kleintjies en drahulle op sy vlerke.

12. So lei die Here sy volk,Hy alleen doen dit,daar is nie ’n ander godby Hom nie.

13. Hy het hierdie land vir sy volkgegee om dit te vat.Hulle kon die koring eetwat op die lande groei,hulle kon heuning uithaaluit die byneste in die rotse,hulle kon die olyf-olie kryvan die olyfbometussen die klippe.

14. Hulle het melk gekryvan beeste, skape en bokke,hulle het vet vleis gekryvan skaap-lammersen skaap-ramme,en vleis van bokke en beesteuit die land Basan.Hulle het die beste koring geëeten die beste rooi wyn gedrink.

15. Jesurun het veten opstandig geword.Ja, julle het vet en dik geword,spekvet.Hulle het vir God gelos,God wat vir hulle gemaak het.Hulle was dom en opstandigteen die Rots wat vir hullegered het.

16. Hulle het vir Godkwaad gemaak toe hullegode van ander volkegedien het.Hulle het vir Godhartseer gemaak toe hulledinge gedoen hetwat Hy haat.

17. Hulle het ge-offervir veldgode wat nie godeis nie,hulle het ge-offer vir godewat hulle nie geken het nie,vir nuwe gode wat hulle voorvaders nie geken het nie.

18. Julle het die Rots vergeet,maar die Rots is julle Vader,julle is God se kinders,maar julle het Hom vergeet.

19. Toe die Here dit sien,was Hy hartseer oor sy seunsen sy dogters,Hy het hulle gelos.

20. Hy het gesê: ‘Ek wil hullenie meer sien nie,en Ek wil kyk hoe dit noumet hulle sal gaan.Hulle is slegte mense,hulle is heeltemal ontrou.

Deuteronomium 32