15. Dawid het geweet dat Saul wil kom om hom dood te maak, en hy het in die Sif-woestyn by die stad Goresa gebly.
16. Saul se seun Jonatan het gereedgemaak en hy het na Dawid toe gegaan by Goresa. Jonatan het vir Dawid kom sê: “God sal aanhou om vir jou te help.
17. Jy moenie bekommerd wees nie. My pa sal jou nie vang nie. Jy sal koning word oor Israel, en ek sal jou belangrikste amptenaar wees. My pa Saul weet ook dat dit so sal wees.”
18. Jonatan en Dawid het weer ’n ooreenkoms gemaak, en die Here was die getuie. Dawid het by Goresa gebly, en Jonatan het teruggegaan na sy huis.
19. Mense van die stad Sif het na Saul toe gegaan in Gibea en hulle het vir hom gesê: “Dawid kruip weg by ons in die berge by Goresa. Hy is op die Gakila-berg suid van die droë woestyn.
20. Koning, jy moet nou sê wat jy wil hê. As jy wil kom, dan moet jy kom, ons sal jou help om vir Dawid te vang.”
21. Saul het vir die mense van Sif gesê: “Ek bid dat die Here goed sal wees vir julle omdat julle jammer is vir my.
22. Julle moet asseblief gaan en julle moet goed kyk waar julle Dawid se spore sien en waar mense hom gesien het. Iemand het vir my gesê dat Dawid baie slim is.
23. Julle moet goed kyk waar hy oral wegkruip en julle moet vir my kom sê presies waar hy is. Dan sal ek saam met julle gaan, en as hy nog in die land is, dan sal ek hom soek en ek sal hom kry tussen al die duisende mense in Juda.”
24. Die mense van Sif het gereedgemaak en hulle het teruggegaan na Sif voordat Saul gekom het. Dawid en sy manne was toe in die Maon-woestyn. Hulle was in die vallei waar niks plante groei nie, suid van die droë woestyn.
25. Saul en sy manne het vir Dawid gaan soek, maar Dawid het gehoor dat hulle hom kom soek het en hy het afgegaan na die groot klip in die Maon-woestyn. Saul het gehoor dat Dawid daar is en hy het vir Dawid gevolg en gejaag.
26. Saul het teen die een kant van die berg geloop en Dawid en sy manne het teen die ander kant van die berg geloop. Dawid het vinnig geloop om weg te kom van Saul, maar Saul en sy manne het vir Dawid en sy manne van al die kante vasgekeer om hulle te vang.
27. Toe kom daar ’n boodskapper by Saul en hy sê: “Jy moet gou kom, want die Filistyne het in die land gekom en hulle vat alles wat hulle kan kry.”