1 Samuel 18:19-23 Bybel vir Almal (ABA)

19. En toe die tyd kom dat Merab met Dawid moes trou, het Saul haar laat trou met Adriël van Megola.

20. Maar Saul se dogter Mikal was verlief op Dawid, en toe Saul dit hoor, het hy gedink dit is goed.

21. Hy het gedink: Ek sal haar vir Dawid gee, maar ek sal dit só doen dat die Filistyne hom kan doodmaak.Saul het toe ’n tweede maal vir Dawid gesê Dawid kan sy skoonseun word.

22. Saul het vir sy amptenare gesê hulle moet privaat met Dawid praat en hulle moet vir hom sê: “Luister, die koning hou van jou, en al sy amptenare is lief vir jou. Jy moet nou die koning se skoonseun word.”

23. Toe Saul se amptenare dit vir Dawid sê, het Dawid gesê: “Ek is ’n arm man, ek is nie belangrik nie. Dink julle iemand soos ek kan die koning se skoonseun word?”

1 Samuel 18