2. Saul en die manne van Israel het ook bymekaargekom. Hulle het hulle tente opgeslaan in die vallei waar die groot boom is, en hulle het in rye gereedgestaan om oorlog te maak teen die Filistyne.
3. Die Filistyne was teen een berg, en die Israeliete was teen ’n ander berg. Daar was ’n klein vallei tussen hulle.
4. ’n Voorvegter het uit die Filistyne se kamp gekom. Sy naam was Goliat en hy het uit die stad Gat gekom. Hy was ses el en ’n span lank.
5. Op sy kop was ’n helm van brons en hy het ’n harnas van brons-plate aangehad. Die harnas het 5 000 sikkels geweeg.
6. Om sy bene was brons-plate, en ’n brons-spies het tussen sy skouers gehang.