Spreuke 25:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die volgende is ook spreuke van Salomo. Koning Hiskia van Juda se amptenare het dit opgeteken.

2. Die eer van God lê in wat Hy verborge hou;konings se eer lê in wat hulle aan die lig bring.

3. Soos die hoogte van die hemelruim en die diepte van die aardbodem,so kan konings se gedagtes ook nie gepeil word nie.

4. As jy die slak uit silwer haal,kan die smid iets van die silwer maak.

5. As jy die goddeloses by die koning wegvat,kan hy regverdig bly regeer.

Spreuke 25