Romeine 14:2-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. Een glo 'n mens mag alles eet; 'n ander is swak in die geloof, en hy eet net groente.

3. Die een wat alles eet, moet die ander wat net groente eet, nie verag nie; en die een wat net groente eet, moet die ander wat alles eet, nie veroordeel nie, want God het hom aangeneem.

4. Wie is jy om oor iemand anders se bediende te oordeel? Sy eie werkgewer sal oordeel of hy goed doen of nie. Maar hy sal goed doen; daarvoor sal die Here sorg.

5. Vir die een is een dag belangriker as ander dae; vir 'n ander is alle dae ewe belangrik. Elkeen moet net in sy eie gemoed oortuig wees van sy opvatting.

6. Die een wat 'n bepaalde dag op 'n besondere wyse hou, doen dit tot eer van die Here. Die een wat alles eet, doen dit tot eer van die Here, want hy dank God. En die een wat nie alles eet nie, doen dit tot eer van die Here, en ook hy dank God.

7. Niemand van ons leef tog vir homself nie,en niemand sterf vir homself nie.

8. As ons lewe, leef ons tot eer van die Here;en as ons sterwe, sterf ons tot eervan die Here.Of ons dan lewe en of ons sterwe,ons behoort aan die Here.

Romeine 14