Nehemia 9:16-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

16. Maar hulle, ons voorvaders, was vermetel,hulle koppe was hard,hulle het nie u gebooie gehoorsaam nie.

17. Hulle het geweier om te luister,hulle het nie die wonderdade onthouwat U vir hulle gedoen het nie.Hulle koppe was hard,hulle het in verset gekomen wou in hulle koppigheid terug na hulle slawerny.Maar U is 'n God wat vergewe,genadig, barmhartig,lankmoedig, vol liefde.U het hulle nie verlaat nie.

18. Ook toe hulle vir hulle die kalfsbeeld gegiet heten gesê het: “Hier is jou Godwat jou uit Egipte gebring het,”en toe hulle skandelike dinge gedoen het,

19. het U in u groot barmhartigheidhulle nie in die woestyn gelos nie.Die wolkkolom het bedags nie van hulle af weggedraai niemaar hulle op die pad bly lei;die vuurkolom was snags daar om vir hulle lig te maakop die pad waar hulle langs moes trek.

20. U het u goeie Gees gegee om hulle te onderrig,U het u manna nie van hulle teruggehou nie,U het vir hulle water gegee vir hulle dors.

21. Veertig jaar lank het U vir hulle gesorg,hulle het niks kortgekom in die woestyn nie.Hulle klere het nie verslyt nie,hulle voete het nie geswel nie.

22. U het koninkryke, volke, aan hulle gegee,gebiede aan hulle toegewys:hulle het die land van Sihon in besit geneem,die land van die koning van Gesbon,en die land van koning Og van Basan.

23. U het hulle nageslag so baie laat wordsoos die sterre aan die hemel.U het hulle gebring na die landwaarvan U aan hulle voorvaders gesê hetdat hulle dit in besit sal kom neem.

Nehemia 9