Matteus 13:1-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Dieselfde dag het Jesus van die huis af gegaan en by die see gaan sit.

2. 'n Groot menigte het so om Hom saamgedrom dat Hy in 'n skuit geklim en daarin gaan sit het, maar die mense het almal op die strand bly staan.

3. Hy het hulle baie dinge in gelykenisse vertel en onder andere gesê:“'n Saaier het eendag gaan saai. Met die saai het 'n deel van die saad op die pad geval, en

4. die voëls het gekom en dit opgepik.

5. 'n Ander deel daarvan het op klipbanke geval, waar daar nie baie grond was nie, en dit het gou opgekom omdat die grond nie diep was nie.

6. Maar toe die son warm word, is dit verskroei, en omdat dit nie wortel geskiet het nie, het dit verdroog.

7. 'n Ander deel het tussen die onkruid geval, en die onkruid het opgekom en dit laat verstik.

8. Die ander saad het in goeie grond geval en 'n oes gelewer, party honderdvoudig, ander sestigvoudig en ander dertigvoudig.

9. “Wie ore het, moet luister!”

10. Die dissipels het vir Jesus kom vra: “Hoekom gebruik U gelykenisse as U met die mense praat?”

11. Hy het hulle geantwoord: “Aan julle is dit gegee om die geheime van die koninkryk van die hemel te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie.

12. Wie het, vir hom sal nog meer gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar wie nie het nie, van hom sal ook die bietjie wat hy het, weggevat word.

13. Om hierdie rede praat Ek met hulle in gelykenisse: omdat hulle kyk maar nie sien nie, en hoor maar nie luister en verstaan nie.

14. In hulle geval word die profesie van Jesaja vervul wat sê:“ ‘Julle sal hoor en hoor en tog niks verstaan nie, en kyk en kyk en tog niks sien nie.

15. Hierdie volk se verstand is afgestomp: hulle het hulle ore toegedruk en hulle oë toegemaaksodat hulle nie met hulle oë kan sien en met hulle ore kan hooren met hulle verstand kan verstaan en hulle bekeer, en Ek hulle gesond maak nie.’

Matteus 13