Matteus 11:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Toe Jesus klaar was met die opdragte aan sy twaalf dissipels, het Hy daarvandaan weggegaan om die mense in hulle dorpe te leer en vir hulle te preek.

2. Johannes het in die tronk gehoor wat Christus alles gedoen het, en het toe deur sy volgelinge 'n boodskap aan Hom gestuur om te vra:

3. “Is U die Een wat sou kom, of moet ons 'n ander een verwag?”

4. Jesus antwoord hulle: “Gaan vertel vir Johannes wat julle hoor en sien:

5. Blindes sien, lammes loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, en aan armes word die evangelie verkondig.

Matteus 11