Matteus 10:35-42 Afrikaans 1983 (AFR83)

35. Ek het gekom om tweedrag te bring“ ‘tussen 'n man en sy vaderen tussen 'n dogter en haar moeder,tussen 'n skoondogter en haar skoonmoeder;

36. ja, 'n man se huismense sal sy vyande wees.’

37. “Hy wat sy vader of moeder liewer het as vir My, is nie werd om aan My te behoort nie; hy wat sy seun of dogter liewer het as vir My, is nie werd om aan My te behoort nie.

38. Hy wat nie sy kruis opneem en My volg nie, is nie werd om aan My te behoort nie.

39. “Hy wat sy lewe wil behou, sal dit verloor; en hy wat sy lewe ter wille van My verloor, sal dit vind.”

40. “Wie julle ontvang, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.

41. Wie 'n profeet ontvang omdat hy 'n profeet is, sal 'n profeet se beloning ontvang; en wie 'n goeie mens ontvang omdat hy goed is, sal 'n goeie mens se beloning ontvang.

42. Wie aan een van hierdie geringstes net 'n beker koue water gee omdat hy my dissipel is, sál sy beloning kry. Dit verseker Ek julle.”

Matteus 10