25. 'n Leerling moet tevrede wees as dit met hom gaan soos met sy leermeester, en 'n slaaf as dit met hom gaan soos met sy eienaar. As hulle die hoof van die huis die skeldnaam Beëlsebul gegee het, sal hulle dan nie sy huisgenote met baie erger name uitskel nie?”
26. “Moet dus nie vir mense bang wees nie. Daar is niks bedek wat nie openbaar gemaak sal word nie, en niks geheim wat nie bekend sal word nie.
27. Wat Ek vir julle in die donker sê, moet julle in die daglig sê, en wat in julle oor gefluister word, moet julle van die dakke af uitbasuin.
28. Moenie bang wees vir dié wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie. Nee, vrees Hom eerder wat sowel die liggaam as die siel in die hel kan laat vergaan.
29. “Is twee mossies nie vir 'n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie.
30. Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel.
31. Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.”
32. “Elkeen wat hom voor die mense openlik vir My uitspreek, vir hom sal Ek My ook openlik uitspreek voor my Vader wat in die hemel is.
33. Maar hom wat My voor die mense verloën, sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemel is.”
34. “Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie maar die swaard.
35. Ek het gekom om tweedrag te bring“ ‘tussen 'n man en sy vaderen tussen 'n dogter en haar moeder,tussen 'n skoondogter en haar skoonmoeder;
36. ja, 'n man se huismense sal sy vyande wees.’