Jesaja 60:6-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Jou land sal vol kamele wees,jong kamele uit Midian en Efa.Almal wat uit Skeba kom,bring goud en wierooken verkondig die lof van die Here.

7. Al die kleinvee van Kedar word vir jou bymekaargemaak,die ramme van Nebajot is tot jou beskikking;hulle is aanneemlike offers op my altaar.So vermeerder Ek die roem van die huiswaar Ek geëer word.

8. Wat kom hier aangesweef soos wolke,soos duiwe na hulle neste toe?

9. Dit is die skepe van die eilande wat na My toe op pad is;heel voor is die skepe van Tarsis af.Hulle bring jou seuns van ver af,en ook silwer en goud,tot eer van die Here jou God,die Heilige van Israel,omdat Hy jou roem wil vermeerder.

10. Uitlanders sal jou mure herbou,en hulle konings sal in jou diens wees.Ek het jou in my toorn gestraf,maar in my genade ontferm Ek My oor jou.

11. Jou poorte sal altyd oop staan,dag of nag sal hulle nie gesluit word niesodat die rykdomme van die nasies na jou toe gebring kan word,en hulle konings as gevangenes na jou toe gelei kan word.

12. Die nasie, die koninkryk wat jou nie dien nie, sal verdwyn,dié nasies sal heeltemal tot niet gaan.

13. Die hoë bome van die Libanon sal na jou toe kom,sipresse, platane en denne,om die roem van my heiligdom te vermeerder,om luister te verleen aan my tempel:

Jesaja 60