14. dié wat jou verdruk het,sal na jou toe kom en buig,almal wat jou met minagting behandel het,sal by jou voete kniel.Hulle sal jou noem: Stad van die Here,Sion van die Heilige van Israel.
15. Jy sal nie meer verstoot en gehaat wees nie,'n plek waar niemand kom nie,want Ek gee blywende roem aan jou,vreugde sonder einde.
16. Jy sal deur nasies en konings versorg wordsoos 'n kind wat aan sy moeder se bors gevoed word.Dan sal jy besef dat Ek die Here is, jou Redder,dat die magtige God van Jakob jou Verlosser is.
17. Ek gee vir jou goud in die plek van brons,silwer in die plek van yster,brons in die plek van hout,yster in die plek van klip.Ek laat vrede oor jou regeer,Ek laat geregtigheid jou bestuur.
18. Daar sal nie meer gehoor word van geweld in jou land nie,of van ondergang en verwoesting binne jou grense nie.Jy sal jou mure noem: Redding,jou poorte: Lof.
19. Bedags sal dit nie die son wees wat vir jou lig gee nie,snags sal dit nie die maan wees wat oor jou skyn nie:die Here sal vir jou 'n ewige lig wees,en jy sal roem in jou God.