Jesaja 56:7-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. na my heilige berg toe bring.Ek sal aan hulle vreugde gee in my huis van gebed,hulle brandoffers, hulle offersop my altaar sal vir My aanneemlik wees,want my tempel sal uitgeroep word tot'n huis van gebed vir al die volke.

8. Die Here my Godwat die verstrooides van Israel bymekaarmaak, sê:Ek sal nog ander byvoegby dié wat reeds bymekaargemaak is.

9. Kom verslind my volk, al julle wilde diere,al julle diere in die bos!

10. Dié wat oor my volk moet waak, is almal blind,hulle weet niks nie.Hulle is almal stom honde,hulle kan nie blaf nie;hulle lê net,hulle wil net slaap.

11. Hulle is gulsige honde,hulle ken nie so iets soos genoeg kry nie.Hulle is herders sonder insig,hulle slaan elkeen sy eie koers in,elkeen is op sy eie voordeel uit.

12. Hulle sê: “Kom, hier is die wyn,kom ons slaan die bier weg!Môre sal soos vandag wees,selfs nog baie beter.”

Jesaja 56