Jesaja 56:5-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. aan hulle sal Ek in my tempel en aan sy mure'n teken gee, 'n erenaam wat beter is as seuns en dogters.Ek sal aan sulke mense 'n naam geewat nie uitgewis sal word nie.

6. Ek sal die nie-Israeliete wat by my volk aansluitom My te dien, om my Naam lief te hê,en om my dienaars te wees,almal wat my sabbatte onderhou en dit nie ontheilig nie,en wat lewe volgens my verbond,

7. na my heilige berg toe bring.Ek sal aan hulle vreugde gee in my huis van gebed,hulle brandoffers, hulle offersop my altaar sal vir My aanneemlik wees,want my tempel sal uitgeroep word tot'n huis van gebed vir al die volke.

8. Die Here my Godwat die verstrooides van Israel bymekaarmaak, sê:Ek sal nog ander byvoegby dié wat reeds bymekaargemaak is.

9. Kom verslind my volk, al julle wilde diere,al julle diere in die bos!

10. Dié wat oor my volk moet waak, is almal blind,hulle weet niks nie.Hulle is almal stom honde,hulle kan nie blaf nie;hulle lê net,hulle wil net slaap.

Jesaja 56