Jesaja 55:1-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Kom, almal wat dors is, kom na die water toe,selfs ook dié wat nie geld het nie, kom,koop en eet;ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal,wyn en melk.

2. Waarom betaal julle vir iets wat nie brood is nie,waarom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie?Luister aandagtig na My, sodat julle kan eet wat goed isen versadig kan word met die beste wat daar is.

3. Gee aandag en kom na My toe,luister, en julle sal lewe.Ek wil met julle 'n ewige verbond sluit,Ek wil my troue liefde aan julle betoon soos aan Dawid.

4. Ek het hom 'n getuie gemaak vir die volke,'n regeerder en gebieder van volke.

5. Nou sal jy nasies ontbied wat jy nie geken het nie,en nasies wat jou nie geken het nie,sal na jou toe hardloopter wille van die Here jou God,die Heilige van Israel,omdat Hy jou in eer herstel het.

6. Vra na die wil van die Here terwyl Hy nog te vinde is,roep Hom aan terwyl Hy nog naby is.

7. Die goddelose moet sy verkeerde pad laat staan,die slegte mens sy slegte planne.Hy moet hom tot die Here bekeer, dan sal Hy hom genadig wees;hy moet hom tot ons God bekeer, Hy vergewe altyd weer.

8. My gedagtes is nie julle gedagtes nie,en julle optrede nie soos Myne nie,sê die Here;

9. soos die hemel hoër is as die aarde,so is my optrede verhewe bo julle optredeen my gedagtes bo julle gedagtes.

10. Die reën en die sneeu kom uit die hemel uiten dit gaan nie daarheen terug nie maar deurweek die aardeen laat die plante bot en vrugte dra,sodat daar saad is om te saai en brood om te eet.

Jesaja 55