Jesaja 49:7-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. So sê die Here,die Heilige van Israel, sy Verlosser,vir dié een wat diep verag is,wat deur die nasies verafsku worden wat 'n dienaar van regeerders is:Konings sal sien wat gebeur en sal opstaan,leiers sal buigtot eer van die Here wat getrou is,die Heilige van Israel wat jou uitverkies het.

8. So sê die Here:Op 'n tyd wat Ek goeddink, sal Ek jou gebede verhoor,op die dag wanneer Ek wil red, sal Ek jou help.Ek sal jou beskermen jou my verbond met my volk maakom sy land te herstel,om sy verlate eiendom weer in besit te neem,

9. om aan dié wat gevange gehou word, te sê: “Gaan uit!”aan dié wat in die donker opgesluit sit: “Kom uit!”Hulle sal versorg word terwyl hulle op pad is,selfs op kaal heuwels sal daar vir hulle genoeg wees.

10. Hulle sal nie honger of dors kry nie,die woestynhitte en die son sal hulle nie brand nie,want Hy wat Hom oor hulle ontferm het,sal hulle onder sy sorg neem.Hy sal hulle by fonteine langs lei.

11. Ek sal al my berge paaie maak,my grootpaaie sal sonder opdraandes wees.

12. Daar kom my volk van ver af!Party kom uit die noorde en uit die weste,party kom uit die land van die Siniete.

13. Jubel, hemel! Juig, aarde!Sing vrolik, berge!Die Here het vir sy volk uitkoms gegee,Hy het Hom ontferm oor sy volk wat in nood was.

14. Sion sê: “Die Here het my verlaat,die Here het my vergeet.”

15. Kan 'n vrou haar eie baba vergeet,haar nie ontferm oor die kindwat sy in die wêreld gebring het nie?Selfs al sou so iets kon gebeur,Ek sal jou nie vergeet nie.

16. Ek het jou naam in my handpalms gegraveer,Ek sien jou mure altyd voor my.

17. Jou kinders kom binnekort,en dié wat jou verwoes en verniel het, sal uit jou uit padgee.

18. Kyk rondom jou en sien wat gebeur,al jou kinders kom bymekaar en hulle kom na jou toe.So seker as Ek lewe, sê die Here,jy sal oor hulle so bly wees soos 'n vrou oor halssnoere,soos 'n bruid oor haar juwele.

Jesaja 49