1. Bly stil en luister na My, eilande,maak julle gereed, volke,staan nader en stel julle saak,laat ons die saak uitmaak.
2. Wie is dit wat hom uit die ooste laat opstaan hetvir wie elke voetstap oorwinning bring?Wie gee nasies aan hom oor,onderwerp konings aan hom?Sy swaard en sy pyl en booglaat hulle verdwyn soos stof voor die wind,soos dwarrelende stoppels.
3. Hy agtervolg hulle en trek ongehinderd voort,sy voete raak nie eens grond nie.
4. Wie het dit bewerkstellig, dit gedoen?Wie het die verloop van dinge van die begin af bepaal?Dit is Ek, die Here! Ek is die eerste,en wanneer die laaste dinge gebeur,sal Ek nog die Here wees.
5. Die eilande het gesien wat gebeur en het bang geword,die hele aarde het gebewe.Die mense kom bymekaar,
6. hulle help mekaar en praat mekaar moed in.
7. Die ambagsman praat die goudsmid moed in,die een wat die metaal uitklop,praat hom wat dit aanmekaar smee, moed in.Hulle sê: “Die smeewerk is goed!”Dan slaan hulle die beeld met spykersvas dat hy nie omval nie!
8. Maar jy, my dienaar, Israel,Jakob vir wie Ek uitverkies het,afstammeling van Abraham vir wie Ek liefhet,