Jesaja 33:16-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

16. So 'n mens sal sy woonplek in die hoë berge hê,sy skuilplek sal 'n rotsvesting wees.Kos sal hy kryen sy drinkwater sal nie opraak nie.

17. Jou eie oë sal 'n koning sien in al sy pragen 'n land wat wyd lê.

18. Jy sal terugdink aan die vrees wat jy gehad het:“Waar is die een wat ons goed moes opskryf,waar is die een wat dit moes afweeg,waar is die een wat moes opskryfwatter torings afgebreek moes word?”

19. Jy sal daardie vermetele mense nie weer sien nie,daardie volk met sy onverstaanbare, moeilike taalwat jy nie begryp nie.

20. Kyk na Sion, die stad waar ons ons feeste vier:jou eie oë sal Jerusalem sien, 'n veilige woonplekwaar jou tent nie versit hoef te word nie,sy tentpenne nooit uitgetrek hoef te word nie,sy toue nooit meer breek nie.

21. Daar sal die Here vir ons die magtige God wees,daar waar die strome, die riviere, breed sal vloeisonder dat die vyand se roeibote daarop vaar,die oorlogskepe daar verbykom.

Jesaja 33