9. Hulle is 'n weerbarstige volk,hulle is mense wat liegen wat weier om te luisterna wat die Here wil.
10. Hulle sê vir die sieners:“Moenie gesigte sien nie!”Hulle sê vir dié wat gesigte sien:“Moenie gesigte sien oor wat ons moet doen nie,vlei ons liewer,sien liewer dinge wat ons mislei!
11. Gee pad voor ons, moenie voor ons kom staan nie;laat die Heilige van Israeluit ons teenwoordigheid verdwyn!”
12. So sê die Heilige van Israel:Julle het my waarskuwing verwerp,julle het julle vertroue gestel in geweld en bedrogen daarop gesteun.
13. Daarom word hierdie sonde vir julle'n hoë stuk muur wat oorhang en dreig om te valen dan skielik, onverwags inmekaarstort
14. en in stukke spat soos 'n groot kleipotwat meedoënloos fyn geslaan wordsodat daar onder al sy skerwe nie een oor isom mee kole uit 'n vuurmaakplek te krapof water uit 'n opgaarput te skep nie.
15. So het die Here my God, die Heilige van Israel, gesê:As julle julle bekeer en tot rus kom,sal julle gered word.Julle krag lê in stil wees en vertroue hê.Maar dit wou julle nie;
16. julle het gesê:“Nee, ons sal op perde wegjaag,ons sal vinnige perde ry.”Dan sál julle vlug,maar julle agtervolgers sal vinniger wees.
17. Duisend van julle sal vlug as één julle bedreig,en as vyf julle bedreig, sal julle aanhou vlugtotdat die paar wat van julle oorbly,soos 'n eensame vlagpaal op 'n berg,soos 'n enkele vaandel op 'n heuwel sal wees.
18. Tog is die Here gretig om julle genadig te weesen wil Hy Hom oor julle ontferm:Die Here is 'n God wat reg laat geskied,en dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou.
19. Jy, volk in Sion, jy wat in Jerusalem woon,jy hoef nie meer te huil nie.Die Here sal jou genadig wees as jy na Hom roep om hulp,Hy sal jou gebed verhoor sodra Hy dit hoor.
20. Die Here het jou honger en dors laat ly,maar Hy wou jou leer,en Hy sal Hom nou nie meer afsydig hou van jou nie;jy sal self sien dat Hy die Een is wat jou leer.
21. Wanneer jy die regte koers verlaat,sal jy agter jou 'n stem hoor sê:“Hier is die pad, loop hierlangs.”
22. Dan sal jy besef dat jou afgode, jou beeldewat jy met silwer en goud oorgetrek het, onrein goed is,en jy sal hulle weggooi soos 'n mens 'n smerige lap weggooi;jy sal sê: “Weg met hulle!”
23. Dan sal die Here reën gee op die saadwat jy in die land gesaai het,en sal jou grond kos vir jou lewerwat ryk en voedsaam sal wees.Jou kleinvee sal wei in uitgestrekte grasveld.
24. Die beeste en die donkies waarmee jy die grond bewerk,sal kragvoer kry om te vreetwat met graaf en gaffel gemeng is.
25. Dié dag wanneer die vyand by die duisend sal sneuwelen wanneer die torings omval,sal daar op elke hoë berg, elke hoë heuwel,spruite vol water wees.
26. Dié dag wanneer die Here die wonde van sy volk verbinden die seerplekke genees waar Hy hulle geslaan het,sal die maan so helder skyn as die sonen die son sewe maal so helder as die lig van sewe dae saam.
27. Die Here verskyn uit die verte;sy toorn breek los, onweer dreig;as Hy praat, is dit vol gramskap,sy woorde is vlamme van vuur.
28. Sy asem is 'n siedende stroomwat mense meesleur.Hy kom om die nasies te sif in 'n fyn sif,om vir hulle 'n toom aan te sit en hulle weg te lei.