Jesaja 26:9-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. In die nag smag ek na U,in die môre vra ek na u wil.Wanneer U die aarde straf,leer sy inwoners wat geregtigheid is.

10. Daar word goed gedoen aan die goddeloses,maar hulle leer nie wat geregtigheid is nie,hulle verdraai die regen erken nie die mag van die Here nie.

11. U staan gereed om hulle te straf, Here,maar hulle steur hulle nie daaraan nie.Laat hulle ondervind dat U vir u volk opkom:laat die pogings van hierdie teëstanders van U misluk,laat vuur hulle verteer.

12. U regeer in vrede oor ons, Here,U doen alles vir ons.

13. Behalwe U, Here ons God, het ander konings oor ons geregeer,maar ons wil net ú Naam onthou.

14. Hulle is nou dood en sal nie weer lewe nie,hulle gees sal nie weer opstaan nie.U het hulle gestraf en uitgewis,U maak dat niemand meer aan hulle dink nie.

15. Here, U het u volk meer laat word,U het hulle meer laat worden hulle landsgrense uitgebrei.So het U u mag getoon.

16. Here, in hulle nood het hulle hulle toevlug tot U geneem,toe U hulle met swaarkry gestraf het, het hulle U aangeroep.

17. Soos 'n swanger vrou wat inmekaar krimp en skreeu oor haar geboortepyne wanneer sy 'n kind in die wêreld wil bring,so, Here, is ons in u teenwoordigheid.

18. Ons was swanger, ons het inmekaar gekrimp van pyn,maar ons het niks in die wêreld gebring nie:ons het nie 'n redder vir die land gegee nie,en daar is nie inwoners vir die wêreld gebore nie.

19. Dié uit u volk wat gesterf het, sal weer lewe, Here,hulle sal opstaan.Word wakker en juig, julle wat in die doderyk is!Soos die dou lewe gee, gee u krag lewe, Here,die aarde sal hulle wat lankal gesterf het, lewend teruggee.

20. Gaan in julle slaapkamers in, my volk,sluit die deure agter julle toe.Kruip 'n rukkie weg totdat God klaar is met straf.

21. Die Here kom uit sy woonplek te voorskynom die bewoners van die aarde te straf oor hulle ongeregtighede.Die aarde sal vertel van die bloed wat daarop vergiet isen sal nie meer die mense wat vermoor is, wegsteek nie.

Jesaja 26