Jesaja 17:7-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Daardie dag sal die mens weer sy hoop op sy Maker vestig,sy hulp van die Heilige van Israel verwag.

8. Hy sal nie meer sy hoop vestig op die altare,die werk van sy eie hande nie.Hy sal nie hulp verwag van die gewyde paleen die wierookaltare wat hy self gemaak het nie.

9. Daardie dag sal Israel se vestingstede verlate lê,so verlate soos die boswêreldwaaruit die inwoners destyds vir die Israeliete gevlug het.Die stede sal sonder inwoner wees.

10. Jy, Israel, het die God wat jou altyd gehelp het, verlaat;jy het gemaak of die Rots wat jou toevlug was,nie meer daar is nie.Lê maar pragtige tuine aan vir jou afgode,plant maar allerlei uitheemse struike;

11. al kan jy hulle laat groei dieselfde dag as jy hulle plant,hulle laat uitspruit die môre as jy hulle in die grond sit,van die oes sal niks komwanneer siekte en smart jou tref nie.

12. Ellende wag vir die baie nasieswat net so onstuimig as die see is,die opstandige volke wat te kere gaan soos magtige waters,

13. die opstandige volke wat te kere gaan soos die groot waters.Wanneer die Here hulle aanspreek, sal hulle ver weg vlug,weggedryf oor die berge soos kaf voor die wind,soos tolbosse voor 'n stormwind.

14. Die aand nog saai die nasies verskrikkingmaar voor dit môre is, is hulle weg.Dit is wat sal gebeur met dié wat nou ons land stroop,dit is die bestemming van dié wat ons besittings plunder.

Jesaja 17