Jesaja 17:3-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Vestingstede sal verdwyn uit Efraim,koninklike mag uit Damaskus.Wat van die Arameërs oorbly,sal so min mag hê soos die Israeliete,sê die Here die Almagtige.

4. Daardie dag sal Jakob se mag onbeduidend worden sy voorspoed sal verdwyn.

5. Dit sal wees soos wanneer iemand wat oes,die graanhalms bymekaargevat en die are afgesny het.Dit sal wees soos wanneer iemand ook die are wat geval het,opgetel het in Spooklaagte.

6. As dan nog iets agterbly om te oes,sal dit wees soos nadat olywe afgeslaan is:twee of drie rypes aan die punt van 'n tak,vier of vyf aan die takkies wat gedra het,sê die Here die God van Israel.

7. Daardie dag sal die mens weer sy hoop op sy Maker vestig,sy hulp van die Heilige van Israel verwag.

8. Hy sal nie meer sy hoop vestig op die altare,die werk van sy eie hande nie.Hy sal nie hulp verwag van die gewyde paleen die wierookaltare wat hy self gemaak het nie.

Jesaja 17