8. want die wingerde op die terrasse van Gesbonen die wingerde van Sibma verwelk.Hulle wyn het heersers van nasies dronk gemaak,dié wingerde wat gestrek het tot by Jaser,gerank het tot in die woestyn.Hulle ranke het welig gegroeien tot by die see gekom.
9. Ek huil saam met Jaser oor die wingerde van Sibma,my trane vloei oor julle, Gesbon en Elale,want julle het nie meer 'n vrugteoes en 'n graanoes nie,daar is nie meer oesvreugde nie;
10. vreugde en gejuig het verdwyn uit die vrugteboorde;in die wingerde word daar nie meer gesing en gejubel nie,in die parskuipe word daar nie meer wyn uitgetrap nie,want Ek maak 'n einde aan die oesvreugde, sê die Here.
11. Dit kerm in My oor Moab,dit kerm soos 'n lier,my binneste kerm oor Kir-Geres.
12. Wanneer Moab na hulle hoogtes toe gaanen hulle daar afsloof om offers te bring,wanneer hulle na hulle heiligdomme toe gaan om te bid,is dit tevergeefs.
13. Dit is wat die Here vantevore oor Moab gesê het.
14. En nou sê die Here: Binne drie jaar, drie jaar wat so ondraaglik sal wees as wat dit vir 'n dagloner is, sal van Moab se mag en van al sy baie mense min oor wees. Wat oor is, sal min en niks werd wees.