5. Die Here het die heerskappy van die goddeloses verbreek,die mag van die oorheersers.
6. Die verdrukker het in sy gramskap volke getrefmet straf wat nie opgehou het nie,hy het in sy toorn nasies vertrap,hulle sonder medelye agtervolg.
7. Die hele aarde het nou rus en vrede,sy inwoners juig en sing.
8. Selfs die sipresse en die seders op die Libanonis bly oor wat met jou gebeur het, Babel.Hulle sê: “Vandat jy verslaan is,klim niemand na ons toe op om ons af te kap nie!”
9. Die doderyk daaronder kom in beroeringomdat jy soontoe kom.Dié wat reeds daar is, word wakker gemaak,almal wat leiers op aarde was;almal wat konings van nasies was,moet van hulle trone af opstaan.
10. Almal begin praat, hulle sê vir jou:“Jy is nou net so swak soos ons,jy het soos ons geword!”
11. Jy het met jou hoogmoed,met die klank van jou harpmusiek en alin die doderyk beland.Jy lê tussen die maaiers,jy is oortrek van die wurms.
12. Jy wat die helder môrester was,het uit jou hemel geval.Jy wat 'n oorwinnaar van nasies was,is in die grond in verpletter.
13. En dit jy, jy wat gedink het:ek klim op hemel toe,ek gaan my troon neersitbokant die hoogste sterre,ek gaan my plek inneem op die bergwaar die gode mekaar ontmoet,ver in die noorde;
14. ek klim op tot bokant die wolke,ek word soos die Allerhoogste self.
15. Maar jy stort af in die doderyk,af tot in sy diepste deel.
16. Dié wat jou daar sien, sal jou aangaap,hulle sal jou bekyk en vra:“Is dit die man wat die aarde laat bewe het,wat koninkryke laat wankel het,
17. die man wat die wêreld onbewoon gemaak heten die stede vernietig het,die man wat sy gevangenes nie vrygelaat hetom terug te gaan huis toe nie?”
18. Al die konings van die nasiesis met eer begrawe,elkeen in sy eie graf.
19. Maar jý word nie begrawe nie, jy word weggegooisoos 'n boomtak wat klaar vrot is.Jy lê toe onder die lykevan dié wat doodgesteek is.Jy is soos dooie aas wat vertrap word.Ander word begrawe in grafte in die rots,
20. maar jy word nie begrawe nie,want jy het jou eie land verwoesen jou eie mense laat doodmaak.Die naam van 'n skurk word nie in gedagtenis gehou nie.
21. Maak reg die plek om sy seuns dood te maakoor die sondes van hulle voorgeslag,dat die seuns nie die aarde in besit kan neemen die wêreld vol stede bou nie.
22. Ek sal hulle aanval,sê die Here die Almagtige.Ek sal maak dat die gedagtenis aan die koning van Babel verdwyn,dat daar niks van hom oor is nie,nie een enkele afstammeling nie, sê die Here.
23. Ek maak sy land 'n blyplek vir uile, 'n rietmoeras.Ek vee Babel weg met 'n besem wat verwoes,sê die Here die Almagtige.