Jeremia 3:1-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die Here vra: Mag 'n manas hy van sy vrou skeien sy hom verlaat en 'n ander man se vrou word,na haar toe teruggaan?Sou die land nie vreeslik verontreinig word nie?En jy wat by so baie minnaars geslaap het,wil jy na My toe terugkom? vra die Here.

2. Kyk op na die heuweltoppe:waar het jou minnaars nie by jou geslaap nie?Langs die paaie het jy vir hulle gesit en wagsoos 'n Arabier in die woestyn,en jy het die land verontreinig met jou onsedelikheid,met jou slegte gedrag.

3. Daarom het Ek die reënbuie teruggehouen het die vroeë reëns nie gekom nie,maar jy het soos 'n hoer geen berou getoon nie,jy het geweier om jou te skaam.

4. En nou noem jy My skielik: “My vader,”en sê jy: “U is my vriend vandat ek 'n kind was.

5. Sal U vir altyd kwaad wees, vir altyd toornig wees?”Dit is wat jy gesê het,maar jy het verkeerd bly doen net waar jy kon.

6. Dit was tydens die regering van koning Josia. Die Here het vir my gesê: Het jy gesien wat die ontroue Israel gedoen het? Sy het op elke hoë berg en onder elke groen boom gaan ontug pleeg!

7. Ek het gedink: nadat sy al hierdie dinge gedoen het, sal sy na My toe terugkom, maar sy het nie teruggekom nie. En haar ontroue suster Juda het dit alles aanskou.

8. Toe Ek die trouelose Israel oor al haar ontrou verstoot en die skeibrief aan haar gegee het, het Ek gesien dat haar ontroue suster Juda nie afgeskrik is nie. Ook sy het gaan ontug pleeg.

9. Dit was vir Israel niks om haarself en die land te verontreinig nie, sy het owerspel gepleeg met afgodsbeelde van klip en hout.

10. En asof dit nie genoeg was nie, het haar ontroue suster Juda na My toe teruggekom, maar nie met volle oorgawe nie; dit was vals, sê die Here.

11. Toe het die Here vir my gesê: Die trouelose Israel is minder skuldig as die ontroue Juda.

12. Gaan roep hierdie woorde na die noorde toe uit en sê:Trouelose Israel, kom terug, sê die Here.Ek sal nie langer vir julle kwaad wees nie,want Ek is getrou, sê die Here,Ek bly nie vir altyd kwaad nie.

13. Erken net jou skuld,dat jy teen die Here jou God in opstand gekom hetdeur onder elke groen boom vreemde gode te gaan dienen so aan My ongehoorsaam te wees, sê die Here.

14. Kom terug, kinders wat afgedwaal het, sê die Here. Ek maak julle my eiendom. Ek sal julle vat, een uit 'n stad en twee uit 'n familie, en julle na Sion toe bring.

15. Ek sal vir julle herders gee na my hart, en hulle sal julle verstandig en met insig lei.

16. Wanneer julle vrugbaar is en baie word in die land, in daardie dae, sê die Here, sal niemand meer uitroep: “Die verbondsark van die Here!” nie; dit sal nie meer in iemand se gedagte opkom nie, niemand sal dit eers meer noem of dit mis nie en niemand sal 'n nuwe maak nie.

17. In daardie tyd sal hulle Jerusalem noem: “Die troon van die Here” en al die nasies sal in Jerusalem bymekaarkom om die Naam van die Here te eer. Hulle sal nie hardkoppig bly nie.

18. In daardie dae sal Juda by Israel aansluit en hulle sal saam uit die noordelike landstreek kom na die land wat Ek as besitting aan hulle voorvaders gegee het.

Jeremia 3