7. Die Here het gesê: “Ek sal die mens wat Ek geskep het, wegvee van die aarde af; mens en dier, ook dié wat kruip, en die voëls, want Ek is bedroef daaroor dat Ek hulle gemaak het.”
8. Maar Noag is deur die Here begenadig.
9. Hier volg die verhaal van Noag.Noag was 'n regverdige man. Onder sy tydgenote was hy onberispelik en hy het naby God geleef.
10. Noag het drie seuns gehad: Sem, Gam en Jafet.
11. Die aarde was korrup in die oë van God, vol geweld;
12. Hy het die aarde gesien: dit was korrup, elke mens op aarde se lewe was verrot.
13. Toe sê God vir Noag: “Ek het besluit om 'n einde te maak aan alle mense, want deur hulle toedoen is die aarde vol geweld. Ek gaan hulle saam met die aarde verdelg.