1. Ek het die Here by die altaar sien staan,en Hy het gesê:Slaan die pilare se toppe stukkend, sodat die drumpels bewe,breek hulle af oor almal se koppe!Ek sal die mense wat oorbly, met die swaard doodmaak,niemand sal kan vlug nie,niemand sal vrykom nie.
2. Al breek hulle deur na die doderyk toe,Ek sal hulle daar uithaal;al klim hulle op na die hemel toe,Ek sal hulle daarvandaan laat afkom;
3. al kruip hulle weg op die top van die Karmel,Ek sal hulle daar opspoor en vang;al kruip hulle weg op die bodem van die see,Ek sal die slang daar beveel om hulle te pik;
4. al word hulle in ballingskap weggevoer voor hulle vyande uit,Ek sal die swaard daar beveel om hulle dood te maak;my bedoeling met hulle is om hulle kwaad aan te doen,nie om goed aan hulle te doen nie.
5. Die Here my God, die Almagtige,raak die aarde aan en dit smelt weg,en almal wat daarop woon, treur;die hele wêreld kom in beroering soos die Nylen sak weer weg soos die rivier van Egipte.
6. Die Here bou sy bokamers in die hemelen lê die hemelkoepel se fondament op die aarde,Hy roep die waters van die seeen giet hulle oor die aarde uit.Sy Naam is Here!
7. Julle Israeliete is vir My nie anders as die Kussiete nie,sê die Here.Ek het vir Israel uit Egipte laat trek,maar ook die Filistyne uit Kaftoren die Arameërs uit Kir.
8. Ek, die Here God, hou die sondige koninkryk dop,Ek gaan hom wegvee van die aarde af!Maar tog, Ek sal nie die nageslag van Jakob heeltemaluitroei nie, sê die Here.
9. Ek gaan die bevel gee en vir Israel skud tussen die nasiessoos graan in 'n sif geskud word,en nie 'n korrel sal op die grond val nie.
10. Al die sondaars onder my volk sal met die swaard doodgemaak word,hulle wat sê:“Ter wille van ons sal U die ramp nie laat kom nie,ons nie daardeur laat tref nie.”