Amos 8:1-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die Here my God het my 'n gesig laat sien: Daar was 'n mandjie ryp vrugte,

2. en die Here het vir my gevra: Wat sien jy, Amos? Ek het gesê: “'n Mandjie ryp vrugte.”Toe sê die Here vir my:Die tyd is ryp vir my volk Israel,Ek sal hom nie meer spaar nie.

3. Daardie dag sal die sang in die paleis'n gehuil word, sê die Here my God.Daar sal baie lyke wees, oral neergegooi.Bly liewer stil!

4. Luister hierna, julle wat arm mense vertrap,julle wat die mense in nood in die land wil uitroei.

5. Julle sê: “Wanneer is Nuwemaan verbydat ons koring kan verkoop,of Sabbat, dat ons ons graanwinkels weer kan oopmaaken minder graan vir meer geld kan verkoop?Ons laat die skaal mos kul soos ons wil!”

6. Julle verkoop arm mense vir geld,behoeftiges oor 'n paar sandale,julle verkoop selfs die koringkaf.

7. Die Here het 'n eed afgelê by Homself,by Hom wat die trots van Jakob moes gewees het:Ek sal nooit vergeet wat hulle gedoen het nie!

8. Sal die aarde nie hieroor beef nie,sal sy bewoners nie treur nie!Sal die hele wêreld nie in beroering kom soos die Nyl,wegsak soos die rivier van Egipte nie!

9. Daardie dag, sê die Here my God,laat Ek die son helder oordag ondergaan,maak Ek dit donker op aarde terwyl dit nog ligdag is;

10. Ek verander julle feeste in treurgeleenthede,julle liedere in klaagsange;Ek trek vir julle rouklere aanen skeer al julle koppe kaal;Ek laat dit word soos wanneer 'n mens oor 'n enigste kind treur,julle uiteinde sal vir julle 'n bitter dag wees.

Amos 8