1. Ellende wag vir dié wat so rustigin Sion woon,dié wat hulle so veilig voel op Samariaberg,dié vername mense van die voorste nasieop wie die koningshuis van Israel hom verlaat!
2. Gaan kyk in Kalne,gaan daarvandaan na die groot Hamat toe,gaan af na die Filistynse stad Gat toe!Is julle beter as daardie koninkryke?Is hulle grondgebied groter as julle s'n?
3. Julle maak of die dag van rampe ver is,maar julle bring juis die dag nader dat geweld julle sal regeer.
4. Julle lê op julle beddens wat met ivoor ingelê is,julle strek julle uit op julle rusbanke,julle eet lammers uit die kleinveetropen kalwers uit die stal,
5. julle maak liedjies vir die harp,julle dink hulle vir musiekinstrumente uit soos Dawid,
6. julle drink wyn uit offerkommeen salf julle met uitsoekolie,maar oor die vernietiging van Josef bekommer julle julle nie.
7. Daarom sal julle nou weggevoer wordop die voorpunt van die ballinge.Die tyd is verby dat julle uitgelate lê en feesvier.
8. Die Here my God het 'n eed afgelê by Homself,die Here die almagtige God sê:Ek verafsku die hooghartigheid van Jakob,Ek het 'n weersin in sy mooi huise!Daarom gee Ek die stad en al wat daarin is, oorin die mag van 'n vyand.
9. As daar tien man in een huis oorgebly het,sal hulle sterwe.