1. Luister na hierdie woord,vrouens wat op Samariaberg lekker lewe,lewe soos die koeie van Basan,julle deur wie die swakkes verdruken die armes mishandel word,julle wat vir julle mans sê:“Bring wyn dat ons kan drink!”
2. Die Here my God wat heilig is, het 'n eed afgelê:Pas op, daar kom dae oor julle dat julle met hake opgetel sal word,dat julle van agter met haakdorings aangedryf sal word.
3. Elke vrou sal reg voor haar uit oor die afgebreekte stadsmuur loop,julle sal na Hermon toe uitgedryf word, sê die Here.
4. Kom na Bet-El toe as julle wil sonde doen,na Gilgal toe as julle nog meer sonde wil doen.Bring julle offers vroegmôre,julle tiendes op die derde dag.
5. Verbrand die ongesuurde brood as dankoffer,kondig julle vrywillige offers aan,laat die mense dit hoor.So hou julle mos daarvan, Israeliete,sê die Here my God.
6. Ek het hongersnood in al julle stede laat kom,broodsgebrek in al julle dorpe,maar julle het julle nie tot My bekeer nie, sê die Here.
7. Ek het die reën drie maande voor oestydvan julle af weggehou;Ek het laat reën oor een staden oor 'n ander die reën laat wegbly;die een stuk grond het goed reën gekryen die ander waar dit nie gereën het nie, het uitgedroog.