Amos 1:7-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Daarom sal Ek binne die mure van Gasa 'n vuur laat losbreeken dit sal sy mooi huise verteer.

8. Ek sal die inwoners van Asdoden die regeerder van Askelon uitroei.Ek sal my hand teen Ekron oplig,en die Filistyne wat nog oor is, sal omkom,sê die Here my God.

9. So sê die Here:Selfs as Tirus net drie keer sonde gedoen het,sou Ek sy straf nie herroep het nie.Maar nou het hy 'n vierde sonde daarby gevoeg:hy het mense voor die voet as ballinge aan Edom uitgeleweren nie aan die ooreenkoms met sy bondgenote gedink nie.

10. Daarom sal Ek binne die mure van Tirus 'n vuur laat losbreeken dit sal sy mooi huise verteer.

11. So sê die Here:Selfs as Edom net drie keer sonde gedoen het,sou Ek sy straf nie herroep het nie.Maar nou het hy 'n vierde sonde daarby gevoeg:hy het die Israeliete, sy broers, agtervolg met die swaarden die broederliefde verloën,hy het hulle in sy toorn verskeur,sy woede het bly kook.

12. Daarom sal Ek in Teman 'n vuur laat losbreeken dit sal die mooi huise van Bosra verteer.

13. So sê die Here:Selfs as die Ammoniete net drie keer sonde gedoen het,sou Ek hulle straf nie herroep het nie.Maar nou het hulle 'n vierde sonde daarby gevoeg:hulle het swanger vrouens in Gilead oopgesnyen hulle eie gebied uitgebrei.

14. Daarom sal Ek binne die mure van Rabba 'n vuur aansteeken dit sal sy mooi huise verteer.Dié dag sal daar geskreeu worden sal daar oorlog wees, 'n storm, 'n orkaan.

15. Hulle koning sal in ballingskap weggevoer word,hy en sy amptenare saam met hom,sê die Here.

Amos 1