2 Samuel 21:18-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

18. Daarna was daar weer oorlog teen die Filistyne in Gob. Daar het Sibbekai uit Gusa vir Sippai uit die geslag van die Refaïete verslaan.

19. In 'n ander geveg teen die Filistyne in Gob het Elganan seun van Jaäre-Oregim van Betlehem vir Goliat die Gattiet doodgemaak. Sy spiessteel was so dik soos die dwarsbalk van 'n weefstoel.

20. Op 'n ander keer was daar oorlog in Gat. Daar was 'n lang man met ses vingers aan elke hand en ses tone aan elke voet; saam was dit vier en twintig. Hy was ook 'n Refaïet van geboorte.

21. Hy het die Israeliete getart en toe het Jonatan, seun van Dawid se broer Samma, hom doodgemaak.

22. Hierdie vier was Refaïete wat in Gat gebore is. Dawid en sy manskappe het hulle laat sneuwel.

2 Samuel 21