19. Maar teen die tyd dat Saul se dogter Merab aan Dawid gegee moes word, is sy aan Adriël die Megolatiet as vrou gegee.
20. Saul se ander dogter, Mikal, was verlief op Dawid, en toe dit aan Saul vertel is, was hy in sy skik daarmee.
21. Saul het naamlik gedink: ek sal haar aan hom gee dat sy vir hom 'n vangstrik word en die Filistyne teen hom kan wees.So het Saul dan twee keer vir Dawid gesê: “Jy kan vandag my skoonseun word.”
22. Saul het sy amptenare beveel: “Sê so ongemerk vir Dawid: Jy weet, die koning hou van jou en al sy amptenare is lief vir jou. Word nou maar die koning se skoonseun.”