1 Samuel 18:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Nadat Dawid klaar met Saul gepraat het, het Jonatan baie geheg geraak aan Dawid en hom liefgekry soos homself.

2. Dieselfde dag nog het Saul vir Dawid saamgevat huis toe en hom nie toegelaat om na sy pa se huis toe terug te gaan nie.

3. Jonatan en Dawid het 'n verbond gesluit omdat Jonatan hom liefgekry het soos homself.

1 Samuel 18