29. Maar Jonatan sê: “My pa het 'n ramp oor die land gebring. Kyk net, ek het nuwe krag gekry omdat ek hierdie bietjie heuning geproe het.
30. As die manskappe vandag maar net ongehinderd kon geëet het van die buit wat van die vyand afgevat is, sou die slagting onder die Filistyne nou sommer baie groot gewees het.”
31. Daardie dag het hulle die Filistyne verslaan van Mikmas af tot by Ajalon, maar toe was die manskappe heeltemal gedaan.
32. Hulle het op die buit toegesak en kleinvee, beeste en kalwers gevat en op die grond geslag en sommerso by die bloed geëet.
33. Daar is toe aan Saul gesê: “Die manskappe sondig teen die Here deur by die bloed te eet.”Toe sê hy: “Julle doen verkeerd. Rol dadelik 'n groot klip na my toe!”